ON THE HORIZON….50 / OP DIE HORISON….50

(For the English version – scroll down)Sunset 50

Op die horison….. 50, hy loer na my en koggel “nog net 11 maande en 17 dae dan het ek jou!”  Ek staar grootoog terug en wonder “wat nou?”

Ek hou aan wonder:  hoekom sou ‘n mens so opgewonde wees om 50 te word?  So opgewonde dat jy ‘n groot makietie wil hou? So opgewonde dat jy dit vir die hele wêreld wil verkondig?  Die grootste deel van jou lewe lê immers nou agter jou en nie voor jou nie!

“Hoekom sou EK dit wil vier? Hoekom?” maal dit deur my gedagtes.

Uiteindelik breek die son deur op my horison en ek besef daar is soveel redes om 50 te vier:

  • Ek leef nog!
  • Ek het lewenservaring
  • Ek het iets om te deel
  • Ek het nog geleenthede
  • Ek het nog soveel om te leer
  • Ek ontvang elke dag seëninge
  • ….eintlik WIL ek leef asof my lewe nog voor my lê!

As daar soveel is om te vier, hoekom dan net een dag daaraan wy?  Hoekom nie sommer noual begin nie?

Ek het ‘n niggie wat in die jaar voor sy 50 geword het, 50 nuwe uitdagings aangepak het – ‘n ware inspirasie as dit kom by verjaardagvieringe wat 365 dae aaneen duur.  As familie was ons so bevoorreg om haar 50ste aktiwiteit mee te maak:  ‘n rit met die Outeniqua Power Van, ‘n ongelooflike ervaring.

Met die son op my horison (50 vir eers in sy skaduwee) en die inspirasie van ‘n niggie,  besluit ek om ook my 50ste verjaardag sommer noual te begin vier!

Ek gaan ‘n minimum van 10 aktiwiteite op my 50 lys sit:  sommige gaan “nie-ek-nie” aktiwiteite wees; ander dalk aktiwiteite wat ek nog altyd wou doen en nog nie het nie;  en dalk, net dalk, las ek iets verregaande by.

Dit is egter my voorneme om uit elke aktiwiteit ‘n les te leer, en te deel;  ‘n les wat kan dien as inspirasie om te lewe asof die lewe nog voor ons lê…..met God se genade lê dit immers steeds voor ons!

So 50, daar in die skaduwee op die horison, ek knipoog vir jou en glimlag met groot afwagting! Ek wag vir jou – dis net 11 maande en 17 dae!

 

ON THE HORIZON….50

 On the horizon…50 – it lurks and teases me:  “only 11 months and 17 days then I’ve gotcha!”  Wide-eyed I stare back and wonder “what now?”

I keep on wondering:  why would one be so excited about turning 50? Why so excited that you want to throw a party?  Why so excited that you want the whole world to know?  After all, the largest chunk of your life is now behind you, not ahead of you!

“Why would I want to celebrate it? Why?” mulls in my head.

Eventually the sun rises on my horizon and I realise how many reasons there are to celebrate 50:

  • I am alive!
  • I have life experience
  • I have something to share
  • I still have opportunities
  • I still have so much to learn
  • I receive blessings daily
  • ….actually I WANT to live as if my life is still ahead of me!

If there is so much to celebrate, why then only devote one day to it? Why not start now already?

I have a cousin who, in the year before she turned 50, undertook 50 new challenges – a true inspiration for birthday celebrations which can last 365 days.  As family we were privileged enough to join her on her 50th activity:  a trip on the Outeniqua Power Van!

With the sun on my horizon (50 in its shadow for now) and inspired by my cousin, I decided to start  celebrating my 50th birthday now already!

I plan a minimum of 10 activities on my 50 bucket list:  some will be “unlike me” activities; others may be activities I’ve always wanted to do, but have not yet; and maybe, just maybe I will add something outrageous.

It is however my intention to learn, and share, a lesson out of every activity – something which will serve as an inspiration to live as if life is still ahead of us….. with God’s grace it is after all,  ahead of us!

So, 50, there in the shadows on the horizon, I wink at you and smile in expectation.  I’m waiting  for you –  it’s only 11 months and 17 days!